Monday, 20 February 2012

VIR DIE KINDERS... [3/12/2010]


Op 4 Desember 2009 het Wessel van Zyl weer 'n suksesvolle “toy run” vir die behoeftige kinders van die omgewing georganiseer. Verskeie instansies en besighede in Pretoria het geskenke gestuur en M-Net het 1100 sokkerballe geskenk.

Die lugmag het 'n lugvertoning vir die kinders aangebied en ook die geleentheid gegee om die vliegtuie van nader te besigtig. Boeresport is gehou en selfs van die groot mense het hierby aanklank gevind. Coke het hulle“ verhoog” vragmotor geleen, en koeldrank vir die dag geskenk tot groot vermaak van die kinders.

Verskeie plaaslike instansies het die dag moontlik gemaak en ons bedank hulle daarvoor. ACVV, Kinder- en gesinsorg, Project Hope, SAP Struisbaai, Bredasdorp en Napier Lugmag, SDR-Nooddienste, Suidpunt Sekuriteit, Die Lions klub, Spar, Coca Cola – Worcester, Ceres Vrugtesappe en Realty 1 IPG. Baie dankie aan Stefan Hanekom vir die toegewyde insameling van die geskenke.

Wessel, Anita van Zyl en Susan Arries besig om kinders dop te hou  

Indien u belangstel om betrokke te raak, of skenkings te maak kontak gerus vir
Wessel by 084 549 2917


No comments:

Post a Comment