Ry enige dag hierdie roete en maak ‘n opname van wat u sien sodat ons mettertyd die verspreiding van voëls volgens seisoen en tyd van dag kan vasstel.
Datavorms is by die Parkkantore op L’Agulhas beskikbaar. As u die roete vanaf Struisbaai begin en u wil eers die dag met ‘n kultuurinspuiting begin, ry aan by die Hotagterklip Padstal. Hulle is oop vanaf 9:00 tot 17:00 sewe dae ‘n week.
Terwyl u voëls kyk en dalk weer dors raak, kan u by Springfield aangaan en by die Van Asse koffie of tee gaan soek. Bel vooraf: 028-4356603.
Of u kan by Strandveld Wines (5km vanaf die Roete op Die Dampad), Black Oystercatcher, The Berrio en Zoetendal Wynkelder gaan wynproe en koop.
As u teen die einde van die dag baie honger is, klop aan op Elim by Die Meul Teekamer (Wilma, 0730152798 en Jane, 0713916024) en die Royal Teekamer (028-4821735) of as u die roete vanaf Elim begin ry, gaan ontbyt eers in Elim en begin dan voëls kyk, proe wyn, kyk voëls, … en eindig die dag by die Hotagterklip Padstal. Hotagterklip Padstal sal nie gedurende die wintermaande op Sondae oop wees nie.
Strandveld Wines Tye: Maan-Don 08:00 – 17:00, Vry 08:00 – 16:00, Sat 10:00 – 15:00
Black Oystercatcher Tye: Maan-Vry 9:00 – 17:00
The Berrio Tye: Maan-Vry 9:00-17:00
Zoetendal Winery Tye: Maan-Vry 9:00 – 17:00
No comments:
Post a Comment