Die gelukkige wenners van die Realty-1 twee oseane kompetisie is op Maandag 10 Oktober by die Suidpunt Monument aangewys. Alison Coughlan, die hoofuitvoerende beampte van Kaap Agulhas Toerisme, het die name van die gelukkige wenners getrek. Om toerekenbaarheid te verseker is die prystrekking onder die wakende oog van André de Wet ouditeur van Villet & de Wet gedoen.
André de Wet, Strepies van Wyk en Alison Coughlan by die Suidpunt monument |
Die wenner van die kompetisie is Salmon Spandeel (Plaatjieskraal, Bredasdorp
distrik) wat ‘n heerlike wegbreek-naweek vir twee by die wel bekende Arniston
Spa Hotel losgeslaan het. Tweede is Maartin Gildenhuys (Heidelberg omgewing) wat
twee nagte vir ‘n paartjie by die luukse Ocean Art House by L’Agulhas te beurt
geval het en die derde prys, ‘n naweek vir twee by die Stilbaai River Lodge, is
om die beurt gewen deur Miemie Lategan (Worcester/Wolseley omgewing).
Alison Coughlan en Strepies van Wyk met die name van die gelukkige wenners |
Volgens Strepies van Wyk, Prinsipaal van Realty-1 op Struisbaai moes
deelnemers slegs die vraag, “waar ontmoet die Atlantiese en Indiese oseane”
beantwoord en om die regte antwoord te beklemtoon is die trekking dan ook by die
Suidpunt Monument by L’Agulhas gedoen. Realty1 Cape Agulhas wil graag Alison Coughlan, André de Wet en al die borge
hartlik bedank vir hul deelname in hierdie initiatief.
No comments:
Post a Comment